Mediese sertifikaat en boek gelees. Maar einlik heeldag gele en doze.
Ek wil julle eers vertel van gisteraand se stake-out. Of wat n mens dit ook noem. My oudste kind is baie naby kraam. En met eks vriendin se affair en die saambly terwyl sy en die ander drol nog getroud is..
Toe ek die sproeiers gaan skuif, sien ek n kar soos my oudste kind se volvo en n wit double cab soos die drol sn voor die pastorie staan. Dis nou dieselfde pastorie waar eks vriendin gese het sy is bereid om haar man en kind en kleinkind te verloor maar sy kies die drol.
So het ons intussen die nuwe, jong predikant.
En n baba is gister begrawe… ideale tyd as eks vriendin nou n klomp skuldgevoelens op haar kind wil gooi en met haar kop wil smokkkel. My derms knoop op die plek maar ek kan nie die volvo se nommerplaat uitmaak nie.
Klim in my kar en ry 2x daar verby, maar daar is nie nommerplate op die kar nie. Vreemd.
Ek bel my tjom. Die pappa. Hy antwoord uiteindelik. Eers later. Ek sit in die donker op my stoep met peaceful sleep wat nie eens die muskiete weghou nie, op n harde bank. Maar ek wil sien of ons Elana kind orraait is as sy daar uitkom.
Maar dit was skoolkonsert en die pastoriemoeder en nog n vriendin word afgelaai. En toe dit na 21:00 word, hoor ek stemme aan die agterkant van die huis. Maar ek het al die lug besnuffel. Geen braaivleis rook.
Tjom bel en ek se ek kan die kat aan die gat beethe, hier kan niks aan die gang wees nie, maar ek vertrou niks en niemand nie en ek is n tierwyfie met enigiets wat sy dogter aanbetref. Hy lag en se hou maar stakeout. Maar het ook tjoepstil geraak toe ek die voertuie beskryf. Met die dat daar n baba begrawe is, die babatee se fotos… die geboorte om die draai…
En die hele tyd bid ek. Vir wysheid vir die predikant. Leiding en onderskeidingsvermoe. Vir Elana om sterk te staan. En nog baie ander dinge.
Maar toe muskiete my nou rerig chow en die houtbankie hard raak, gaan le ek ini donker in my bed, vensters oop, luister vir die pastorie se hek.
Toe is dit wragtag net kuiermense.
En rapporteer toe so aan die pappa.
Stake-out ended.
Voel jy jy kon hieruit iets leer?
Was die doktersbrief vir fisies of psigiatries?
daisyblom
1 year ago
Psigiatries. Klaarblyklik is my moedersinstinkte sterker as wat ek besef. Met die dat ek nie kinders het nie, beteken dit nie ek sal nie rugstringe afskop vir die kidz vir wie ek omgee nie.
Om die vrede op die geseënde Donderdag te bewaar weerhou ek my van enige kommentaar
Editor
Legio
1 year ago
😆
Editor
Legio
1 year ago
Daisy wie se baba is begrawe ?
daisyblom
1 year ago
Op die sonar het die drs gesien daar is fout met die baba se hart. Op dag 6 is opehart chirurgie gedoen. Op dag 9 is hy van life support afgehaal. Die ouers het 2 dae tyd gehad om die besluit deur te voer.
Dit is ouers in ons distrik. Babaseuntjie.
Hy is gister begrawe. In dieselfde tyd is die pappa met nierstene opgeneem en geopereer. Hom letterlik uit ICU na NICU gestoot om te groet. Pappa is toe weer geopereer.
More julle
Daisy jy is ‘n gebore skryfster!
Ek gaan nou klaarmaak vir my dokters afspraak sien julle later
daisyblom
1 year ago
Smile mooi viri dokter, Nicole.
My hart breek vir die ouers, Legio.
Ek sal nie vir Elana keer as sy kontak met haar ma wil maak nie. Net troos as sy weer teleurgestel word.
nicole
1 year ago
ons Nicola is heel party keer hartseer Haar ma bel byna nooit, sy moet herriner word. Is amper 2 jaar dat sy haar ma gesien het.
Is nie die naam van moeder werd nie! Terwyl ander mense hulle kinder verloor aan die dood. Vriendin van my het haar 17 jarige kleindochter verloor vanwege kanker. Die het begin met been kanker, haar been is afgesit en toe versprei dit en dit was uiteindelik ion haar brein. Sy was baie slim dogter en wou medesyne studeer. Dit was ‘n lang pad van pyn en hartseer vir die familie en Nicole (Sy was my naamgenoot)
Groet
More, back and alive!
Of het nie eens agtergekom ek was siek nie?
Het jy mediese sertifikaat?
Of het jy boek gelees?

Als reg
Jy is tussen vriende
:+1:
Sou jy nie ook nie, gatvol?
Om die vrede op die geseënde Donderdag te bewaar weerhou ek my van enige kommentaar
😆
Daisy wie se baba is begrawe ?
Op die sonar het die drs gesien daar is fout met die baba se hart. Op dag 6 is opehart chirurgie gedoen. Op dag 9 is hy van life support afgehaal. Die ouers het 2 dae tyd gehad om die besluit deur te voer.
Dit is ouers in ons distrik. Babaseuntjie.
Hy is gister begrawe. In dieselfde tyd is die pappa met nierstene opgeneem en geopereer. Hom letterlik uit ICU na NICU gestoot om te groet. Pappa is toe weer geopereer.
Dis baie sad Daisy
More julle
Daisy jy is ‘n gebore skryfster!
Ek gaan nou klaarmaak vir my dokters afspraak sien julle later
Smile mooi viri dokter, Nicole.
My hart breek vir die ouers, Legio.
Ek sal nie vir Elana keer as sy kontak met haar ma wil maak nie. Net troos as sy weer teleurgestel word.
ons Nicola is heel party keer hartseer Haar ma bel byna nooit, sy moet herriner word. Is amper 2 jaar dat sy haar ma gesien het.
Is nie die naam van moeder werd nie! Terwyl ander mense hulle kinder verloor aan die dood. Vriendin van my het haar 17 jarige kleindochter verloor vanwege kanker. Die het begin met been kanker, haar been is afgesit en toe versprei dit en dit was uiteindelik ion haar brein. Sy was baie slim dogter en wou medesyne studeer. Dit was ‘n lang pad van pyn en hartseer vir die familie en Nicole (Sy was my naamgenoot)
Jammer om te hoor Nicole
So jammer om dit te lees. Nicola is te jonk om dit enigsins te kan verstaan dat haar mamma haar nie wil sien nie? Baie sterkte.
Middag Plaaspad
Hi Nicole is dit al byna twee jaar wat julle getrek het, gedorie die tyd vlieg
Cheers