Author Archives: Legio

Hierdie is n Omstrede plasing

By   May 24, 2017

Daar is deesdae soveel omstrede onderwerpe van grond onteining, godsdiens, genade dood en vele meer.  Maar vandag wil ek weet, watter verandering word benadeel deur die gebruik van huidige tegnologie,  soos om organe in n labratorium te groei,  kosmetiese bors veranderinge, haar inplantings, tattoo’s (vir make-up nie-mediese). Wanneer is genoeg genoeg,  wanneer dink jy begin mens “speel” met goed wat eerder kon gebly het.  Soos stamsel en DNA manupilasie, klooning, voorgeboortelike geslags manupilasie (bepaal of JY n seun of dogter wil hê), geneties veranderde groente, vrugte en diere. Is hierdie genetiese veranderde voeding stowwe goed vir jou gesondheid of gaan jy n ekstra oor groei?   Waar trek jy die lyn en sê tot hier toe en niks verder nie?

Is hierdie dan ook nie juis die oorsaak van verskeie siekte toestande nie?