Gaan ondertoe



Comments
  • Legio June 18, 2018 at 6:49 am
    Groet
  • daisyblom June 18, 2018 at 7:50 am
    More julle. Daar was so ewe n vreeslike kouefront voorspel vir die FS. Toe was hier geen koue nie.
    Lekker naweek gehad?
  • daisyblom June 18, 2018 at 7:56 am
    Ek lees nou vrydag se comments… was bietjie besig gewees.

    Nee liewe Rot.. ek en een van my vele kinders… my eerstejaartjie op Potch… het gaan shop in Welkom.
    Om so kind te he wat oral bestuur, jou help klere uitsoek… en sommer prontuit se: nee, dit lyk soos n outannie onderrok… jou by die boekwinkel aflaai en self aan die anderkant van die mall gaan parkeerplek soek, parfuum uitsoek, skaamkry as jy tussen woollies se rakke kliphard haar naam uitroep.. by jou kom oorslaap, saam uiteet, vir jou The Notebook laat kyk… shits, ek het die kind saterdagmiddag met n baie swaar hart vir haar ouers teruggevat.

  • Gatvol June 18, 2018 at 8:56 am
    Die koue front is by ons
  • Legio June 18, 2018 at 9:24 am
    Sewedae re├źn die eerste keer in jaaaaaaaaaare
  • millie June 18, 2018 at 9:28 am
    more more

    ek het vargriep, was die hele laas week in die bed
    vandag terug by die werk, maar hoes so en almal spat in rigtings as ek aankom
    gaan net paar goed klaar maak dan weer huis toe
    my kantoor deur is toe
    ek is bly vir die reen in die kaap
    baie geluk met jou verjaarda vark
    dis al

    • Gatvol June 18, 2018 at 9:49 am
      Shame man
  • Gatvol June 18, 2018 at 9:51 am
    Daar is n persoon in my huis, anoniem, wat aan mansgriep ly met ernstige loopneus.
  • daisyblom June 18, 2018 at 10:05 am
    Millie… as jy ini bed gaan klim het pleks van die accountant op Harties gaan help trek het, was jy 2 dae ini bed en nie n hele week nie. Ja, jy moes vir my geluister het. Nee, die ore is mos min. Nou sit jy met die gebakte pere en n muhrse doktersrekening. Prevention is better than cure.
    Dis sou minder skade aan jou besigheid gewees het as jy oor n naweek ini bed was as om n hele week siek te wees. Ek het boggerol simpatie, liewe vriendin…. jy moes vir my geluister het.
    Oaky, nou het ek klaar geraas. Het jy medlemon, vicks vaporub, warm gemmerbrandewyn en rooi disprins? ACC bruistablette?
  • Nicole Stohr June 18, 2018 at 10:08 am
    more julle. Hoop almal het lekker naweek gehad?
  • Nicole Stohr June 18, 2018 at 10:14 am
    eersm gaan ek my klaaglied gee. Reumatiek oorals, winterhanden wat ekstra eina maak. Bene wat nog altyd seer ismet wondjes wat net nie wil toe nie. Donderdag het ek wel afspraak met dr. Maar verder is ek verskriklik bly met die weer. nou net son gesien. nou gooi die engelen daarbo baie water uit.
  • Gatvol June 18, 2018 at 10:17 am
    Daisy het jy al jou piering melk vandag gehad?
    Hallo Nicole.
  • millie June 18, 2018 at 10:45 am
    dankie daisy vir jou simpatie :lol: ja ek het bottels vol meds, nebulizer, hoesstroop, acc,antibiotika ens ens. Ek hoor jou vriendin, maar dis nou te laat, helaas
  • daisyblom June 18, 2018 at 10:50 am
    Dalk moet jou gryse vir jou gaan hoendersop koop by woollies? En n bederfie soos vanilla fudge?

    Ja gatvol, ek is kwaai. Want millie moes geluister het…

    • millie June 18, 2018 at 10:55 am
      ek het nou die dag ertjie sop gemaak en in bakkie gevries, dis kom nou handig te pas
  • Nicole Stohr June 18, 2018 at 10:51 am
    en ek maak hoendersop vanaand want Nouch is ook snot verkoue en keelseer.
  • Bosavrk June 18, 2018 at 11:56 am
    ROLL Griepinspuiting