Gaan ondertoe



Comments
  • Legio September 6, 2017 at 7:31 am
    Groet
  • daisyblom September 6, 2017 at 8:08 am
    En as ons nou sweeties vir ontbyt kry?

    My pasient het darem nie deur die nag gegorts nie. Vanmore tee en toast geeet. hopelik bly dit binne.

  • daisyblom September 6, 2017 at 11:20 am
    Ek sit nou al 2 dae so alleen soos n uil op n kluit hierso. :roll:
  • Nicole September 6, 2017 at 12:05 pm
    ja more Daisy. As ek inkom loer dan bly almal weg. In die ou dae sou ek gesê het dit is my deodorant,
    Ek was vrek besig vanoggend.
    bly dat jou patient aan die betere kant is. Vandaag blaas die wind weer in die Kaap was eers son, maar nou is dit baie donker aan ‘t word. Nousch lê lekker onder ie duvet. Hoop haar witte bloedcelle is reg vir more. is mos more weer chemodag.
  • daisyblom September 6, 2017 at 12:18 pm
    Sterkte vir haar.
  • millie September 6, 2017 at 1:04 pm
    middag middag

    hier waai die wind ons ook weg
    ek is vrek besig Daisy – bly jou sussatjie voel beter
    wat is nuus van julle kant af?

  • daisyblom September 6, 2017 at 1:17 pm
    Die wind waai ons weg. Maar hier broei ietsie ini lug… behalwe nou gastro en bronchitus.
  • daisyblom September 6, 2017 at 1:28 pm
    Julle, my voete sleep. Dit is nog ver einde van die jaar toe.
  • millie September 6, 2017 at 1:34 pm
    ek neem eers in Feb verlof…..voel soos ‘n ewigheid ver
  • daisyblom September 6, 2017 at 1:47 pm
    Kom soek iemand nou n boek oor lady Diana :roll: hulle het n documentary oor haar gekyk. Ag tog. Sy was mooierig en het mooierig aangetrek. En so bietjie charity gedoen. Dis al.
  • millie September 6, 2017 at 1:49 pm
    ons het nou al vir ‘n paar dae dopgehou hoe verkoop ‘n ou dwelms in die straat by ons werk, reg voor ons winkel uit ‘n kar uit – saps ingelig ens ens, dis net scary as jy kyk na die “tipe” mense wat kom koop. Ek het altyd gedog daar is soort van steriotipe gebruikers, mens kan hulle uitken, verslons, dalk semi-haweloos, ens. Maar my kennis was baie beperk. Ek kan nie glo wat ek sien nie. Hulle word dopgehou deur die saps en ek dink hulle gaan die groep probeer infiltreer, so die bedywighede gaan aan. Mooi mans en vrouens in duur klere en motors……
  • daisyblom September 6, 2017 at 1:52 pm
    Jy het nie dalk gaan verneem wat kos hulle dagga olie nie? Hier in die vrystaat betaal ek R500 vir 30ml en ek dink dit is muhr duur.
    • Nicole September 6, 2017 at 4:48 pm
      goedkoop
  • millie September 6, 2017 at 1:52 pm
    en dan obviously die ander “tipe” ook, hulle het geen skaamte nie
    die meer upperclass ouens, stop so entjie ver, en dan hol die outjie met die goed soontoe
  • millie September 6, 2017 at 1:53 pm
    lol daisy ek glo nie die olie is op hulle agenda nie, maar ek kan uitvind!
    ek soek ook olie, bestel jy dit deur die pos?
  • daisyblom September 6, 2017 at 1:53 pm
    Tussen die obvious tipe en die upperclass le net n kwessie van tyd.
    • millie September 6, 2017 at 1:55 pm
      daai is nie strontpraat nie…..het jy al intervention op dstv gekyk? ek dink dis op een vd crime kanale. Sjoe daai is nie ‘n grap nie
  • daisyblom September 6, 2017 at 1:53 pm
    @ Millie. kyk op fb onder Bothaville cannabis al die kontakinfo is daar. Maar hulle is donners duur, in my opinie.
  • millie September 6, 2017 at 1:56 pm
    is dit daai wat jy onder jou tong sit?
  • daisyblom September 6, 2017 at 1:58 pm
    Hoorie, daai affair vriendin van my… met wie ek bande gesny het… haar man het klaarblyklik n egskeidingsprokureur gaan sien. Die beste ene in Bloemfontein. Hulle is getroud buite gemeenskap van goedere maar met aanwasbedeling. En as gevolg van gemeenskap buite haar getroude lewe, gaan hulle nou skei.
    Dis so donners onregverdig. Sy neuk rond, maar kry helfte van alles. Al het haar man n memory stick vol bewyse.
  • daisyblom September 6, 2017 at 2:00 pm
    neeeee, dis gagsleg. Mens kry omtrent nie daai druppels gesluk nie. Dis alleraaklig. Ek het nie eens die botteltjie leeggedrink nie.
    • Legio September 6, 2017 at 2:41 pm
      As dit reg maak proe dit amper soos spinasie
    • Legio September 6, 2017 at 2:41 pm
      Is joune nie dalk gemaak van Beesmis en grassnysels nie
  • millie September 6, 2017 at 2:53 pm
    waarvoor gebruik jy die olie Daisy – pyn? en help dit?
  • daisyblom September 6, 2017 at 3:17 pm
    Ek het gehoop dit help vir my hoofpyne. Maar dit het niks gedoen nie. My nie laat chill, of lekker slaap, of enigsins enige pyn verlig nie. Nie eens een pienk olifant gesien of gegiggel nie. Heeltemal overrated.
  • daisyblom September 6, 2017 at 3:18 pm
    Beesmis en grassnysels. Ek dink dis die originals daai.
  • millie September 6, 2017 at 3:28 pm
    oooo ag tog en ek wou kry vir my autoimmune siekte……
  • daisyblom September 6, 2017 at 3:35 pm
    Dalkies help dit vir jou, Millie. Stuur gou die bode met n briefie.
  • millie September 6, 2017 at 3:43 pm
    na die dealer toe??
  • Nicole September 6, 2017 at 4:54 pm
    Millie dit proe soos gesnyde gras, help baie goed, vir allerlei dinge ook autoimmune siektes. en naarheid, maar moet dit by die regte plekke koop. daar is baie skelms wat dit seker verwater. Ons was ook al so gevang maar nou het ons die regte goeie olie. Van olie word jy nie koekoe nie, net as jy dit rook. Good luck! Kontak ‘n kanker vereniging. Daar is ‘n page op Fb Cannabis succes storie ag daar is baie dinge wat jy kan lees…