Gaan ondertoe



Comments
  • Legio September 4, 2017 at 6:15 am
    Groet
  • daisyblom September 4, 2017 at 8:25 am
    More julle. Ek sien daar is nou nog erger waterbeperkings vir die kapenaars. Eish.
  • daisyblom September 4, 2017 at 9:12 am
    Maak almal nou of hulle vrek besig is?
    Gisteroggend halfdrie word ek wakker van n muhrse hoofpyn. En niks wat ek drink werk nie. Hier teen vieruur hoor ek een van die bure se hekke saggies oopgaan. Ek dog n kar word gesteel. Loer deur die venster – baie paraat, selfoon teen die oor, hierdie kardief gaan hom hier vasloop. Net om te sien my dominee buurman homselwers trek sy bakkie uit. Ek stuur n whatsapp om te se ek was vir die kardief. Toe is dit net die kinders wat op n skooltoer gaan *rol oge*
  • daisyblom September 4, 2017 at 9:32 am
    Iets vreemds nou gebeur. Hier is n outjie wat altyd my rekenaars gebruik. Praat mooi afrikaans. Netjiese voorkoms. Redelik intelligent. Was gekeur om spietkop te word. Toe mis hy n sperdatum. Kom vrydag hier in n flatspin, hy moet vrydag nog sy cv by n onderneming ingee en ons data is depleted. Ek se toe hy moet internetkafee toe gaan, hulle vra R30 vir n cv. R30 wat hy nie het nie. Ek reel toe met die vrou daar dat ek dit vandag sal gaan betaal.
    Ek bel om te hoor wat is die uiteindelike bedrag. Seg die vrou so ewe vir my sy het die mannetjie uitgekyk en sien die potensiaal in hom. Dis nie nodig dat ek die cv betaal nie.
    Sy het n cv getik en hoop hy kry n job.

    Die lewe hardloop op genade.

    • Asgat September 4, 2017 at 10:59 am
      Pragtige storie
    • Nicole September 4, 2017 at 11:21 am
      ♥♥♥
  • Asgat September 4, 2017 at 10:59 am
    Hoert
  • Asgat September 4, 2017 at 11:05 am
    Ek het Saterdag gaan koffie drink saam met ‘n vriendin. Ons het baie lank nie gekommunikeer nie en eintlik weet ek nie hoekom nie. Sy is dierbaar. Sy sal haar laaste sente vir jou gee. Jy kan in die middel van die nag vir haar bel. Daai tipe vriendin. Maar sy is high maintenance. Wil heeltyd braai en kuier en nooi jou konstant en stuur boodskappe en dan is sy “vies” as jy stil is of nie antwoord nie
  • Asgat September 4, 2017 at 11:06 am
    Sy was deel van ons vriende toe en en my ex nog saam was. Toe ons skei het ek gebreek met alles….vriende inkluis
  • Asgat September 4, 2017 at 11:10 am
    My besluitneming was om ‘n nuwe lewe met dr Phil te begin en nuwe vriende.
    Maar so spoor die vriendin my op en wil hê ons moet braai. Ek verduidelik dat dit nie regverdig is teenoor dr Phil is om dalk te moet luister na ons ou gemeenskaplike vriende nie. Ek sê kom ons drink eerder koffie. Nee sê sy; hulle sal oor niemand praat nie. Ons moet braai. Ek sê nee !Koffie
    Ons het toe gaan koffie. Baie lekker en nou wil hulle net gaan saam kamp. Sug
  • Asgat September 4, 2017 at 11:12 am
    Die probleem is ook as haar man nou ‘n doppie in het; herhaal hy alles 100 keer.
    Ek is skoon gestres oor die situasie
  • daisyblom September 4, 2017 at 11:17 am
    Mens trek self jou grense, Asgat. Verduidelik dit so vir haar. En dan is dit vir haar om te besluit: take it or leave it. Sy moet jou standpunt kan insien. Dit is nie onredelik nie.
  • Nicole September 4, 2017 at 11:25 am
    ek stem saam met Daisy! As sy lief is vir jou sal sy verstaan.! Maak ‘n plan om 1x per maand te gaan koffie drink of wat ook al… en dan kun julle punt uit ‘n bos gesels.
    • Asgat September 4, 2017 at 12:26 pm
      Dit klink ook vir my na die perfekte opsie
  • Nicole September 4, 2017 at 11:26 am
    more julle. aaklige naweek gehad.
  • Nicole September 4, 2017 at 11:35 am
    Ubi is mos op die tuinroete so hey het vir T. aangebied sy kan Cola kry vir naweek. Sy kom hier aan omtrent 11 uur, die driver het haar gebreng want johan het weer gaan perdry. , sy weet nie watter tyd sy opgehaal word nie. toe is dit bakleierei oor die foon. Hulle moet trek en al die goed staan by die werk. (Johan is baas) nou moet dit na Melkbos strand toe. Ek vra toe is daar nog geen meubels nie in die huis. Nee… nou hoe gaan Cola slaap?. Later se sy Nousch moet haar werk toe vat sy en Cola sal daar wag op Johan. ..nee sy vra toe sal Nousch hulle Melkbos toe vat? hulle sal daar wag vir die man.
    Toe is die plek in Grottobay se reservaat. Toe moet sy nog die kontrak teken. allemal kom weer terug. Kind is moeg en huilerig want sy sou strand toe gaan. agt uur slaap Cola. T. weet nie wat om te doen nie. die man kuier in die paarl. toe sê ons sy moet maar in die woonstel slaap. Ek was om te ontplof.
  • Nicole September 4, 2017 at 11:40 am
    volgende oggend slaap sy te lekker …kind gaan haar wakker maak want sy wil met mama speel winkel winkel (met al die goeters vir kinders van Checkers.) Ma s136 net nee gaan weg… toe speel ons maar met haar en gee en doen maar soos gewoonte. 10 uur kom sy in kombuis. Nousch is gaan stap met Cola en wiggel waggle…. sy weer op foon… Nousch het die kind naar die lekker speel plek in Groenpunt geneem waar mens kan piekniek ens… T. is toe 2uur gehaal en sy het paar van haar belongings saam. bye bye. Ek hoop nie sy begin weer met haar streke nie. daai huis het maar 1 slaapkamer, ek sal nie dat die kind by hulle slaap nie.
    • Asgat September 4, 2017 at 12:29 pm
      Oe dit klink nie lekker nie
  • Nicole September 4, 2017 at 11:41 am
    dankie dat ek my gemoed kon lug.
  • Legio September 4, 2017 at 12:29 pm
    :+1:
  • Nicole September 4, 2017 at 1:25 pm
    sug almalwerk seker sal ook maar gaan werk.
  • Bosvark September 4, 2017 at 1:29 pm
    Ag Asgat moenie so ROLL wees nie – gaan braai en klaar
  • millie September 4, 2017 at 1:33 pm
    middag
    • Legio September 4, 2017 at 1:38 pm
      HILDA !!! Fix jou email adres :lol:
      • Bosvark September 4, 2017 at 1:53 pm
        Millieeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee
  • daisyblom September 4, 2017 at 1:50 pm
    Middag Millie. Lekker naweek gehad?
  • millie September 4, 2017 at 2:13 pm
    jissou die bleddie pers en geel fototjie
    ja vark?
    ja daisy soos jy gesien het, maar emosioneel gewees maar vandag beter dankie
  • millie September 4, 2017 at 2:36 pm
    vark???? jy roep en as ek terug roep is jy mia
    • Legio September 4, 2017 at 2:48 pm
      Hy is mos n Vark lol
  • millie September 4, 2017 at 3:03 pm
    ja legio so varksig soos kan kom
  • Legio September 4, 2017 at 3:08 pm
    cheers
  • millie September 4, 2017 at 3:13 pm
    baai
  • Nicole September 4, 2017 at 3:55 pm
    het varkie varksug???? Omy O my…. wat nou.