Gaan ondertoe



Comments
  • Bosvark August 23, 2017 at 7:29 am
    Eerste
  • daisyblom August 23, 2017 at 7:37 am
    More julle. Veiling was n sukses maar dit was nie Boetjan wat die rekordpryse gekry het nie. Maar wel goeie pryse. En die liewe Ruben… die mannetjie daag daar op saam met sy skoolhoof al die pad van Brandfort af. Sy ma het vir hom n hempie laat druk met hul stoetery se naam op. En die man het langs die afslaer gestaan en sy job was om die papiere rond te dra na waar dit moes wees. Die skoolhoof is later terug Brandfort toe en die man het n lift terug gevang saam met n ander gesin. Lekker skool gemis vir die dag. En die skoolhoof het hom lekker dik geeet aan die braaivleis.
    • Bosvark August 23, 2017 at 8:27 am
      Gaan Boetjan iets vir die kerk gee ?
      • Gatvol August 23, 2017 at 9:11 am
        Seker reeds gedoen
        :+1:
  • millie August 23, 2017 at 10:05 am
    more more

    liewe ouers ons waai weg!

  • Asgat August 23, 2017 at 10:08 am
    Hiert
    Dis koud en daar word weer reën voorspel later vandag
  • millie August 23, 2017 at 10:11 am
    Nicole is jy hier? Gee asb vir my Nousch se onkoloog se naam en tel no toe. Vriendin se niggie het kaap toe getrek – Wynberg dink ek. Haar ma trek ook nou soontoe, maar sy het ook keel kanker en soek dringend goeie dr se detail. Die tannie het nie medies nie…
    • Nicole August 23, 2017 at 10:57 am
      Millie, Nousch gaan Tygerberg toe. So sy sien dikwijls ‘n verskillende onkoloog. Maar hulle onkologie dep. is in apart gebou en is baie goed. Nie soals die verskillende dep. in die hospitaal. sy sal eers moet na huisarts gaan en verwysing kry. By haar sal dit Grote Schuur wees.
  • millie August 23, 2017 at 10:12 am
    ag dankie tog vir julle Asgat, ek hou die weervoorspelling met ‘n arends oog vir julle dop
  • millie August 23, 2017 at 10:13 am
    Asgat, jou dokter? Maar hy werk seker met mediese fonds?
    • Asgat August 23, 2017 at 10:15 am
      Ja ek by Discovery en al my kostes is 100% gedek. Wat ‘n seën
      • Asgat August 23, 2017 at 10:16 am
        Ek wens hulle kan na my chirurg en onkoloog toe . Wonderlike mense en dokters
        • millie August 23, 2017 at 10:18 am
          ek ook Asgat
        • Nicole August 23, 2017 at 10:58 am
          mijne ook. Panorama. Ook van discovery
      • millie August 23, 2017 at 10:18 am
        ai tog! goed vir jou, maar sleg vir vriendin se tannie
  • millie August 23, 2017 at 10:17 am
    Nicole??

    Kry jou kind external radiation? Vriendin praat iets dat haar ma elke keer na bestraling vir 1 tot 3 dae in die hospital moet bly, toe se ek jou kind gaan elkde dag en kom huis toe. Hierdie mense is stukkend en verslae, dis hoekom die tannie nou kaap toe kom vir ondersteuning.

    • Nicole August 23, 2017 at 11:01 am
      My kind het nie keelkanker nie dit is mondkanker en slukderm. sy kry masker wat toegeskroef word sodat sy tjoepstil lê en dan doen hulle bestraling elke dag except donderdag wanneer sy chemo kry vir die slukderm Woensdae trek hulle bloed om te sien of haar witte bloedselle OK is anders kan sy nie die volgende dag chemo kry nie.
  • daisyblom August 23, 2017 at 10:32 am
    Sjoe, ek is nie lus vir werk vandag nie.
  • millie August 23, 2017 at 10:39 am
    ek ook nie Daisy, wil iewers in die son sit met ‘n glas port
  • Nicole August 23, 2017 at 11:02 am
    Nousch begin nou rerig baie slegter te voel van al die gif.
  • Gatvol August 23, 2017 at 11:05 am
    Ek wil net ook n woordjie afpak oor gesondheidsorg kostes. My tannie wat chemo , pille wat sy by die huis drink, vind dit goedkoper om in die medikliniek te gaan lê wanneer dit sleg gaan as om in die aftreeoord waar sy is se siekeboeg te gaan lê. Met mediese fonds en al. Siekeboeg word sleg gedek. Maar dit sou vir haar geriefliker gewees het. Dankie dis al. Onthou maar net die bietjie info as julle goue jare aankom
    • Asgat August 23, 2017 at 11:20 am
      ‘n hospitaal plan is absoluut nodig. Jy kannie daarsonder nie. Al melk die hospitale die fondse en Vicente verca
      • Asgat August 23, 2017 at 11:23 am
        Vice….autocorrect
  • Bosvark August 23, 2017 at 12:10 pm
    Asgat
  • millie August 23, 2017 at 1:11 pm
    Dankie Nicole
    Sy se hulle bly in Brackenfell en haar ma het ook mondkanker en keelkanker….skuus eks nie so op hoogte van die mense se sake nie, sy was wel by dr gewees al en kry internal radiation therapy, maar die pasient moet in die hospital bly vir 1-2 dae, want daar kom ‘n tube in jou mond wat die bestraling tot teen die kanker neem. Sy gaan ook Tygerberg toe moet gaan – dalk is sy by dieselfde dr as Nousch, sal vir haar se om vir haar uit te kyk – hulle kry dalk saam bestraling
  • millie August 23, 2017 at 1:54 pm
    vark?
  • daisyblom August 23, 2017 at 2:38 pm
    Ek was gou in werkstyd apteek toe. Hier staan n mannetjie by die toonbank met die mooiste ou babadogtertjie… was nou die dag nog ini skool. Hy is een of ander ghriesmannetjie by n spannerplek. As hy n kind kan he en grootmaak….
    Fokkit, ek moes destyds n proefbuis laat skud het.
  • millie August 23, 2017 at 2:55 pm
    ai Daisy
    wat keer jou om te prober vir aanneming?
    • daisyblom August 23, 2017 at 3:08 pm
      Ek is te oud om agter kidz aan te hardloop.
  • daisyblom August 23, 2017 at 3:08 pm
    En te lui.
  • Nicole August 23, 2017 at 5:33 pm
    maar jy doen dit vir anner mense se kinders!