Gaan ondertoe



Comments
  • Legio August 17, 2017 at 6:53 am
    Groet
  • daisyblom August 17, 2017 at 7:34 am
    Dit is n bielie van n brekfis. More julle. Dit is nog niks koud in die FS nie.
  • daisyblom August 17, 2017 at 9:14 am
    Hallloooo… waar is julle?
  • daisyblom August 17, 2017 at 9:20 am
    Ek het gister n kwaai boek gelees. Heiliger. Hoofkarakter is n 51jarige prokureur. ex-recce. Woon op kleinhoewe, het n skietbaan en bied skietklasse aan vir n hobby. Sy girlfriend is die local aanklaer. Hulle word wakker gebel met die nuus dat n vriendin van hulle vermoor is. Uit na crime scene toe. Toe na spreekkamer waar die dokter hom die nuus meedeel dat hy gaan pappa word. Terug na sy huis sien hy n hondsdol hond wat sy plaasdiere plunder, gaan haal sy .308 en skiet 2 skote voor hy die brandsiek hond tref. Gaan haal sy girl.
    Later die dag kom arresteer die polisie hom met groot fanfare. Hulle beweer hy het sy buurman, n taxikoning, se 8jarige seun doodgeskiet. En hy weet nie of hy het nie.
    En hulle gooi hom in n tronksel saam met n klomp ander kriminele. Eerste wat gesteel word is sy Tag Huegler horlosie.
    Dan kry hy n hartaanval en word wakker in die local hospitaal met net n kubaanse dokter wat hom ontslaan terwyl hy te swak is om n tree voor die ander te sit.
    Terug hof toe. Daar is n riot. Net onluste polisie waar jy kyk. Hele KZN se taxis is daar met plakkate wat se: child shooter… en hy kry nie borg nie. Dis 2 dae voor kersfees.

    Nou moet julle maar self verder gaan lees.

  • Legio August 17, 2017 at 10:50 am
    LoL Ek kan dit nie lees nie, want ek het nie die boek nie
  • daisyblom August 17, 2017 at 11:01 am
    Gaan koop dit. Dibi Breytenbach. Heiliger.
    • Nicole August 17, 2017 at 11:10 am
      klink nogal spannend.. Dankie
  • Nicole August 17, 2017 at 11:10 am
    More julle.
  • daisyblom August 17, 2017 at 11:13 am
    More Nicoletjie… my naels omtrent afgekou.
  • Nicole August 17, 2017 at 11:14 am
    Wat denk julle moet ek saam gaan met my seun na die prokureur of hom alleen laat gaan? Ek wil hom op sy eie laat gaan. Hy sê dat hy dalk goed vergeet om te sê en dat ek dat kan aanvul. Maar ek wil nie handje vasthou nie. Ek het mos al alles van my kant in ‘n e-pos gestuur.. wat denk julle?
  • daisyblom August 17, 2017 at 11:15 am
    Het jy ALLES wat te se is in jou e-pos genoem? Bel die prokureur en maak seker hy het jou e-pos gelees.
    • Nicole August 17, 2017 at 11:23 am
      hy het dit gekry.
  • daisyblom August 17, 2017 at 11:33 am
    Bly binne en warm, Nicole. Laat Ubi self sy [email protected] uitsorteer.
  • millie August 17, 2017 at 11:55 am
    more more

    daisy vertel verder, ek het nie die week of vge week tyd vir lees nie.

  • daisyblom August 17, 2017 at 12:09 pm
    Saam met hom in die sel is n poepdronk man met 3 simmetriese snye oor sy wang. Chirurgiese, presiese snye. En wanneer die hoofkarakter in die hof verskyn, sit die kind se pa daar .. ook met 3 snye oor sy wang. Identies soos die van die hoofkarakter se selmaat. Vars snymerke wat nie medies behandel is nie. Die pa van die kind is stomverslae en wys bitter min emosie.
    Dan oorreed die prokureur die hof dat die hele prosessie na die pa/taxi eienaar se kleinhoewe moet gaan en die toneel moet gaan besoek waar die kind doodgeskiet is. Sjoe, onthou, die hoofkarakter herstel van n hartaanval en is onseker… hy weet nie of hy die kind geskiet het nie. Op die kleinhoewe staan daar taxis met wenende mense en aggressiewe mense wat n kindermoordenaar se bloed eis. Die hoofkarakter het reeds besluit dat hy die begrafnis sal betaal ongeag wat.
    Op die kleinhoewe wys hulle die bloedkol uit waar dit kind in die granaatbos met sy plastiekdiertjies n kraal gebou het. Dan stap die kind se pa weg en hoor hulle net n skoot.
    Nou het die blanke speurder, wat amper op pensioen gaan en eintlik net voertuigdiefstalle kan oplos, 3 lyke in die bestek van 24 uur.

    Wil julle nog hoor?

    • Legio August 17, 2017 at 12:30 pm
      Ja wat gooi
  • daisyblom August 17, 2017 at 12:12 pm
    Waar is gatvol vanmore? Moet iemand nie gaan opcheck nie? En asgat?
  • millie August 17, 2017 at 12:40 pm
    wow daisy en toe!!!????
  • daisyblom August 17, 2017 at 12:51 pm
    Okay… die storielyn met die kind wat doodgeskiet is… met die pa wat homself daar doodskiet met n .22 rewolwer, bel die hoofkarakter die plaaslike dokter met die speurder se foon om n ambulans te stuur – die hospitaal antwoord nie die foon nie. Die dokter sien dan die selfdood wapen en se dat die seuntjie met so wapen doodgeskiet is vroeg die aand. Wat dan die hoofkarakter heeltemal uitskakel. Hy het met n .308 omstreeks 9:00 die oggend na die hond geskiet. Maar die speurder wil he hy moet skuldig wees en sloer met admin – terug selle toe. Vir die nag…
    Die swart speurder gaan verander die papierwerk en hoofkarakter bel sy girl en se sy moet die borgtog geld kontant gaan trek. Sy daag nie op nie. En dit word al hoe later…
    In die selle is die dronkie met die snymerke op sy wang uiteindelik nugter genoeg om sy storie te vertel. Na n mislukte selfmoord poging die oggend het hy net n onderbroek aan en le en koudkry. Hy se hy het saam met die kind se pa gesit en drink. Toe gaan hulle na so fly by night sangoma toe by die taxi ranks wat aan hulle muti verkoop het wat hulle weerstandig sal maak teen enige koeels wat hulle kan tref. Die spoel toe die muti oor hom, die pa en die seuntjie. Hulle is kleinhoewe toe, gaan suip verder. Die pappa wil toe kyk of die muti werk en skiet op kort afstand na sy kind.
    Toe gaan suip hulle verder en toe hulle soort van nugter is die volgende more en die skoot hoor wat die hoofkarakter afvuur – kry hulle die plan om hom te blameer.

    In die selle kom roep n selmaat se vertraagte kind na sy pa. Om te se die hoofkarakter se girl le by die ATM. Morsdood. Met groot commosion slaag hul daarin om te “ontsnap” en ATM toe te gaan. Die arme girl is deur 4 gure karakters aangeval en in haar maag geskop. Dan moet hulle vinnig n ambulans reel, n dokter en na naaste groot hospitaal jaag terwyl die speurders en polisie hom wil vergesel/arresteer.

    En so met polisie/prokureur/speurder op sy hakke breek nuwe dag aan. Die girl oorleef net-net. Maar hulle verloof die baba.

    Die moordenaar van die maatskaplike werker reg aan die begin van die boek was die vertraagte kind wat sy pa kom roep het. Die vrou het die kind probeer leer lees en skryf, maar die kind se koerasie was baie hoer as sy IK. Hy het die vrou vermoor net om haar St Christopher hanger te steel.

    Die boek is met baie humor geskryf en beeld die platteland uit presies soos dit is. Potholes. China shops. Village idiots. Kubaanse dokter. Hospitaal sonder pille. Droogtes.

    Maar nou ken julle die storie.

    Die slot… n happy ending sou nie werk nie. Dwarsdeur die boek loop die tema van kinders wat doodgaan en die slot pas daarby aan.

  • millie August 17, 2017 at 1:09 pm
    wow! ek sal dit gaan koop, dankie Daisy
  • daisyblom August 17, 2017 at 1:21 pm
    Maar nou het ek klaar die storie gespoil :roll:
  • Nicole August 17, 2017 at 1:23 pm
    ag ja… maar die lekkerte van die boek gaan nog daar wees.
  • daisyblom August 17, 2017 at 1:42 pm
    Sy het 2 ander boeke ook, Millie. Saliger. Vrediger.
  • daisyblom August 17, 2017 at 1:43 pm
    Maar sjoe, die karakters in die boeke het aweregse sienings. Die een hoofkarakter is n staatsaanklaer. Haar wens is dat elke ordentlike christelike kerk enige soort prokureur die kerk moet verbied.
    En die ander hoofkarakter is n prokureur. Hy reken weer die enigste nut vir predikante is om n doodstyding oor te dra.
  • Legio August 17, 2017 at 1:58 pm
    CHEERS
  • Legio August 17, 2017 at 1:59 pm
    Meeting tot laat
  • millie August 17, 2017 at 3:30 pm
    ek gaan beslis loer vir die ander boeke ook Blom, dankie. As mens so besig is, help dit om raad oor goeie kopies te kry. Hoe vind jy Karin Brynard se boeke?
  • millie August 17, 2017 at 3:31 pm
    faaaaaaack ek sien soms is daar in .cco by my naam, dana verander ek in die blou koggelmander
  • Nicole August 17, 2017 at 5:41 pm
    ja bye bye julle sal more vertel van die prok.