Gaan ondertoe



Comments
  • Legio June 6, 2017 at 7:31 am
    Groet
  • Legio June 6, 2017 at 7:32 am
    En Cheers, ek is besig Vark sal dalk later weer kom inloer
  • Gatvol June 6, 2017 at 8:01 am
    More mensies
    Capies is julle geute leeg? Slootjie oop gespit?
  • daisyblom June 6, 2017 at 8:10 am
    Ek is verheug dat julle reen kry, gatvol.

    More, hoe gaan dit?

    • Gatvol June 6, 2017 at 8:16 am
      Goed hierdie kant.
      Hoe voel jou nek?
      Hoe gaan dit met die agterbakse mense?
  • daisyblom June 6, 2017 at 8:28 am
    Hulle speel nog in hul eie swak movie. En my hoofpyne… sjuut, netnou is dit weer n pynlike week soos laasweek. Ek sien julle Kapenaars is in vir HEAVY RAIN. Dit beteken al die onwettige plakkers se kaias gaan wegspoel. Of oorstroom.
    • Gatvol June 6, 2017 at 8:42 am
      Hier is baie haweloses hier rond. Woon onder die brûe. Ek weet nie wat van hulle gaan word nie.
  • daisyblom June 6, 2017 at 8:43 am
    Los hulle daar.
  • daisyblom June 6, 2017 at 9:14 am
    Het jy genoeg sopgoed in jou kaste? Sien op Eyewitness n kouefront tref julle vanaand?
    En die haweloses.. ai tog. Daar is seker genoeg shelters waar hulle kan gaan slaap.

    My tuinman moet Bloemfontein toe na die Nasionale Hospitaal. Daar is n charity dokter wat kan help met tuinman se swak sig. Die catch is dat hy vroeg daar moet wees met sy verwysingsbrief. En soos dit by hospitale gaan, word die eerstes gehelp. Hy moet al 7:00 daar wees. Dan moet hy n operasiedatum kry en weer gaan vir die operasie.
    Gister reken hy dat die hospitaal mos vir hom n bed kan gee om te slaap sodat hy volgende oggend vroeg reeds daar is.
    Verduidelik dit nou vir hom…
    En taxis vertrek nie op vaste tye nie. Hulle wag tot die taxi vol is voor hulle ry.

    Eish, ons beste plan is dat hy donderdag vanaf hier tot by Bultfontein taxi ry en by sy dogter se huis gaan slaap. Dan moet hy maar die volgende oggend vroeg by die taxi ranks wees en met die eerste taxi gaan.

    En weereens, tuinman het anc gestem. Wat kry hy daarvoor? Deurdat ons finansieel vir hul instaan, kom die regering weg met wanbestuur. En ek weet Simon gaan weer anc stem.

    • Asgat June 6, 2017 at 10:05 am
      Simon klink soos ‘n box
  • Asgat June 6, 2017 at 10:00 am
    Hoert
  • Asgat June 6, 2017 at 10:03 am
    Ek sit en kyk nou hoe IT my rekenaar fix. Hulle log in remotely dan sien ek net hoe my cursor beweeg. Nogal weird
  • daisyblom June 6, 2017 at 10:19 am
    More asgatjie. Is jy natgereen?
    Simon is nie n box nie. Net n goeie ou man met diabetes wie se vertroue/geloof/naiwiteit by die stembusse misbruik word.
    • Asgat June 6, 2017 at 10:21 am
      Die reën kom vanaand. Ek sien hulle se dit gaan die ergste storm in 30 jr wees
  • Nicole June 6, 2017 at 10:21 am
    more julle.
    Ek is so moe. ek denk ek verlies gewig want my trouring val af en dan moet soek waar hy gerol het.
    • Asgat June 6, 2017 at 10:21 am
      Halo Nicole. Hoe gaan dit met jou ma?
  • Nicole June 6, 2017 at 10:28 am
    nee Daisy die son skyn,
    Asgatje, dit gaan maar sleg met my ma. Maar ek begin vermoed sy geniet al die aandag, en buit dit bietjie uit. Nes ‘n kind.
    As sy roep in die vroe oggendure kan ek mos niet uit die bed spring moet eers die kop se draierigheid laat kalm word en dan kan ek my haas naar haar bed. dan probeer sy al uit die bed te klim. sy staan hier met 2 elektriese rystoelen maar ons kan nie hulle charge want ons het nog nie die chargers gekry.
  • Asgat June 6, 2017 at 10:51 am
    Hulle se dat as die storm verby is wat baie water gaan wees gaan die Theewaterskloof dam se vlak maar van 13 na 18% gaan lig… dis nou te sê as dit soveel reën as wat hulle voorspel
    • Gatvol June 6, 2017 at 10:55 am
      Dit voel weird. Die lug is blou en die son skyn.
  • daisyblom June 6, 2017 at 11:06 am
    Asgat, weervoorspellers is maar net weervoorspellers. Jy weet hoe krities was die droogte hier by ons. Die Bloemhofdam hier naby het binne 5 dae se tyd van iets soos 14% gestyg na 104%. Erfenisdam waaruit ons drink, was iets soos 8% en het gestyg tot86%, en dit was nadat weervoorspellers gereken het dit gaan 3 tot 5 jaar vat voor die damme weer vol is.
    Kroonstad was mos uit water gewees. Die mense het by n brug wat oor hul rivier die dorp inkom, bymekaar gekom en gebid. Uit alle oorde. Toe het hulle iets oulik gedoen. Elkeen wat gebid het, het n wit lintjie aan die brug vasgebind. Die reenwater het hierdie jaar aan die brug geraak, so vol was die rivier.
    • Asgat June 6, 2017 at 11:16 am
      Ek het die linte gegoogle. Mooi. Mooi storie
  • millie June 6, 2017 at 11:09 am
    more more

    julle capies moet die beddegoed uithang en die matte afstof! As julle jul oe uitvee, is die son weg en dan val die waters!

  • millie June 6, 2017 at 11:13 am
    maak seker daar is beesstert en sopgoete in die yskas
    baie port en rooi wyn
    hope droee hout vd kaggel
    goeters vir lekker gemmerpoeding en vla ens ens en dan juig ons saam met julle
    • Gatvol June 6, 2017 at 11:17 am
      😎
  • daisyblom June 6, 2017 at 1:06 pm
    @ Millie… ek het vanmore gou weggeslip PnP toe en stew vleisies gaan koop. En amper omgeval toe ek die prys sien. Vanaand maak ek groenboontjie bredie.
    My bure se dogter is met n Griek getroud en woon in Griekeland. Hy werk opi skepe en hulle het n newborn. Nou kuier sy 2 maande hier. Gister gearriveer. Skaaptjops is vanaand op hul spyskaart en buurvrou het gevra of ek vir hulle van my sagopoedieng sal maak.
    Ai julle. Dit is vir my bure moeilik. Buurvrou se mos sy gaan net n Skype-ouma wees. Seum werk in USA. Hulle het spesiaal n badkamer laat oordoen voor sy kom. Al die linne wat sy in haar woonstel gehad het, gebruik om n gastekamer mooi te maak. So ewe bababad en babagoete gaan leen. n Laaikas geverf en vol babaklere gepak.
  • daisyblom June 6, 2017 at 1:08 pm
    @ Capies… klaarblyklik sluit Wes-Kaap se skole more weens die komende storm. Asgat, ek dink jy moet plan maak en verlof insit vir more.
  • millie June 6, 2017 at 1:48 pm
    gatties ek hoop jou week se wasgoed wapper in die sonlig op die draad….ek sou alles gewas het waarop ek my hande kan le….daar is niks so kak soos nat wasgoed nie en ek hou niks van ‘n tuimeldroeer nie – gebruik myne regtig net in serious noodgevalle
    • Gatvol June 6, 2017 at 1:50 pm
      Ek bekyk maar die wêreld so. Sal maar tuinstele en los kakkies indra.
      • Gatvol June 6, 2017 at 1:51 pm
        Tikfout. Tuinstoele. Nie baie gesteelde dinge nie. :roll:
        • millie June 6, 2017 at 1:54 pm
          lolol
  • millie June 6, 2017 at 1:50 pm
    daisy ek het ook ‘n bredie aan die kook by die huis, my ous hou dit dop tot sy loop, dan is dit hopenlik al gaar
  • millie June 6, 2017 at 1:54 pm
    gatties voel jy so half benoud oor die ernstige storm?? om so aan die natuur uitgelewer te wees is nogal erg
  • millie June 6, 2017 at 1:54 pm
    legio jy moet vir ons fotos wys more
  • daisyblom June 6, 2017 at 1:56 pm
    Ek en my bure ruil gereeld kos uit… ek klim op n draadstoel en gee dit oor die precon aan. Sy staan op die klippe van haar kruietuin.
    Haar suurlemoenblare is nogal nuttig as ek bobotie wil maak.
  • millie June 6, 2017 at 2:21 pm
    ek en my buurvrou doen dit ook – die enigste verskil is ek collect net en sy gee aan, sy is ‘n bobaas bakster en het al vele pryse vir trou koeke ens gewen – was al op die tv ook gewees.
  • daisyblom June 6, 2017 at 2:39 pm
    Weet jy, Millie. dit is n absolute vreugde om so buurvrou te he. Veral as jou suiker op is en jou sitkamer sit vol mense wat wil oggendkoffie he.
  • millie June 6, 2017 at 2:57 pm
    kan glo! myne kyk sommer na die papegaai ons ons weg gaan
    • Gatvol June 6, 2017 at 3:07 pm
      My buurman loer ook so oor die muur na ons toe. Sommer uit paranoia. Ek sal hom niks maak nie.
  • millie June 6, 2017 at 3:18 pm
    lmga gatties dalk loer hy vir jou paranoia
    • Gatvol June 6, 2017 at 4:07 pm
      Mmmm
  • Asgat June 6, 2017 at 8:04 pm
    En ons wag vir die storm. Dis al 8h03. Nog niks. Volgens hour to hour report moes die reën al 7h begin het