Gaan ondertoe



Comments
  • Legio Oktober 4, 2019 at 7:48 vm
    Groet
  • Legio Oktober 4, 2019 at 7:49 vm
    Nee Nicole ek was nie gister met verlof nie, was in hospitaal. Is ok en by werk.
  • daisyblom Oktober 4, 2019 at 9:09 vm
    Ek het 2 close vriendinne. Perdevriendin is n springbokruiter en boer saam met haar pa en broer met wild, vee en sy teel perde. Sy rig 2vriende se kinders af.
    Ander vriendin het 2 dogtertjies en haar een dogter, kom ons noem haar Angel, is n kranige ruiter. Net 10jr oud.
    2 naweke gelede was die hele kaboedel nog op n uithourit in NW. Saam gekamp, gery en pret gehad. So was dit die skoledag voor 24 sept en Angel het kom perdry. Ook laatmiddag 24 Sept.
    Haar eie perd was siek en sy ry toe op afrigter se perd. n Perd wat sy ken en al baie meer gery het. Soos gewoonlik volg haar ma en afrigter en klein sussie agter in die double cab bakkie. Al die plaashonde ook agterop die bakkie. Dit was laatmiddag.
    Iets het die perd laat skrik. Angel het afgeval maar haar voet het in veiligheidstiebeuel vasgehaak.
    Daar was safetycaps om die stiebeuels, ook n stiegriem om die saal, haar hoedjie het hul in 7 stukke opgetel. Die perd het haar n km ver gesleep. Alles terwyl mamma, afrigter en kleinsus toekyk.
    Met n huisdokter op die foon wat presies beduie wat om te doen, het hulle Angel in n kombers toegedraai en gejaag vir Bloemfontein, 180km ver. Ambulans het hul 40km van BFN gekry. 3x adrenalien in haar hart gespuit.
    Met aankoms by hospitaal het pediatriese trauma chirurg Angel ondersoek en haar dood verklaar.

    Eergister het ons haar begrawe. Sy het genoem sy wou begrawe word en haar ouers het haar op n vriend se plaas begrawe. Ek het die tee gereel. Die mamma wou nie n tradisionle iets doen nie. Toe maak ons dit n 10jr partytjie met pienk tafeldoeke, lavenders in konfytbottels en pienk, pers en silwer ballonne daaraan vasgebind. Op die ttafels was al Angel se fywrit eetgoed: hawaiian pizza, droewors wiele, die lekkergoed waarvan sy gehou het, steri-stumpies, blou energade, pienk cupcakes met creme caramel lekkergoed op. Haar klasmaats het saam met die begrafnisbriefies bar-ones uitgedeel.
    Haar fywrit roomys was rolo roomyse. En ek het hope daarvan vir almal uitgedeel. Die verbasing oor die roomys op n begrafnis. En dan die vreugde as ek se dit was Angel se gunsteling. Daar was gewone vleisborde en muffins ook. Maar mense het meestal by die vrolike partytjie tafel gaan skep.

    Ek dink nie ons kon op n mooier manier afskeid geneem het nie. Ek huil nog elke dag. Gisteroggend het ek wakker geword en net gedink: fok dit, ek gaan nie vandag werk nie.
    Ek en haar mamma sit al vir meer as 12jr elke donderdag saam en bybelstudie doen. Op hierdie stadium voel dit of dit meer sinvol sou wees as ons inkleurprentjies gedoen het. Maar dit sal ook verby gaan.

    Daar is n beriggie op netwerk24.
    My hart breek. Dis al.

    • Legio Oktober 4, 2019 at 9:58 vm
      My innige simpatie met julle almal.

      Dis baie baie hartseer.

  • nicole Oktober 4, 2019 at 10:07 vm
    More
  • nicole Oktober 4, 2019 at 10:10 vm
    Daisy dit is so hartseer. Dis mooi dat julle die meisie nog ‘n party gegee het.Hartseer mooi. Ek kan net sĂȘ dit is so hartseer. sterkte vir die famili en ook vir jou vriendin.
  • nicole Oktober 4, 2019 at 10:10 vm
    Legio ek hoop dit was niks ernstig nie?
  • millie Oktober 4, 2019 at 11:29 vm
    ai blom, eks jammer my vriendin xxxxxx
  • ella Oktober 4, 2019 at 11:49 vm
    More gevreekies, eks Maandag al terug by die werk ennit was ‘n wilde week. Nes altyd as mens biekie met verlof was.

    Haai Daisy, dis die hartseerste storie :( :(

  • ella Oktober 4, 2019 at 11:58 vm
    Ek het nou die berig gaan lees, uiters droewig :(